Die vloeroppervlakte van kantoorruimte wat teen Maart in Suid-Afrika leeg gestaan het, is genoeg vir 24 800 tweeslaapkamerwoonstelle as dié ruimte in wooneenhede omskep sou kon word.
Die 3,1 miljoen m² van beskikbare kantoorruimte wat leeg staan, is andersins genoeg ruimte vir 22 Canal Walk-, 21 Sandton City- én 14 Gateway-winkelsentrums om by in te pas, volgens die kredietburo TPN.
Die syfers kom uit die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging (Sapoa) se peiling oor kantoorleegstaansyfers.