’n Ruim huis in Bridle Park Country Estate

akkreditasie
Hierdie ruim vyfslaapkamerhuis in Bridle Park Country Estate gaan groot belangstelling lok onder mense met ’n oog vir ’n puik ge­leentheid.Foto: PVA
Hierdie ruim vyfslaapkamerhuis in Bridle Park Country Estate gaan groot belangstelling lok onder mense met ’n oog vir ’n puik ge­leentheid.Foto: PVA

As jy op soek is na ’n ander blyplek en jy het lus vir opknappingswerk om die huis presies na jou smaak in te rig, bied Park Village Auctions (PVA) presies dié geleentheid met die groot huis met ’n addisionele woonstel in Midrand. Die eiendom sal op Woensdag 11 Mei opgeveil word.

Volgens Clive Lazarus van PVA is hierdie eiendom die ideale geleentheid vir beleggers met visie en ’n aptyt vir opknappingswerk. “Die eiendom het al die bestanddele van ’n deftige, statige woning, maar dit gaan handewerk verg om dit sy volle potensiaal te laat bereik,” sê Lazarus.

Die ruim dubbelverdieping-gesinswoning staan op ’n erf van een hektaar. Die grondvloer spog met ’n dubbelvolume porte-cochère en ingangsportaal, ’n formele sitkamer, ’n eetkamer, kleedkamer, studeerkamer, TV-sitkamer, onthaalvertrek, kombuis met ’n opwaskombuis en ’n gastekamer met ’n en suite-badkamer. ’n Groot patio strek oor die lengte van die hele huis en dan is daar ook ’n swembad.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.45
-1.6%
Rand - Pond
19.83
-1.0%
Rand - Euro
16.72
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.7%
Goud
1,778.99
-1.3%
Silwer
20.26
-2.7%
Palladium
2,159.00
-3.1%
Platinum
937.50
-3.0%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
64,022
+0.0%
Alle aandele
70,741
+0.0%
Hulpbronne 10
63,315
-1.2%
Industriële 25
86,967
+0.5%
Finansiële 15
16,154
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos