Die eiendomsfonds Redefine beloon sy aandeelhouers teen die einde van November met ’n dividend van 19,27c per aandeel.
Dit is vir die ses maande tot einde Augustus, en vorm deel van die totale dividend vir die boekjaar van 42,97c per aandeel, wat 28,5% minder is as ’n jaar gelede.
Redefine spog wel met sy besettingskoers van sy plaaslike eiendomme wat van 92,9% tot 93,3% verbeter het, ’n wins van R9,4 miljard uit die verkoop van bates, en verspreibare inkomste van R3,6 miljard wat behaal is teenoor die vorige boekjaar se R2,9 miljard.