Die eerste fase van die beveiligde landgoedontwikkeling Mount Vernon by Stellenbosch verkoop soos soetkoek en kopers wat nog daar ’n holte vir hul voet wil bekom, sal moet opskud.
Hierdie ontwikkeling beslaan sowat 40 ha en is op die wynlandgoed Mount Vernon in die Wynland geleë.
Volgens die ontwikkelaar, Zevdevco, word die landgoed heeltyds beveilig.