Die beste eiendomsagentskap in Suid-Afrika kom uit eie geledere – hier in die Wes-Kaap.
Die makelaar vir kommersiële en nywerheidseiendom Swindon Property het onlangs met die vyfster-prys vir die beste Suid-Afrikaanse eiendomsagentskap en -konsultant weggestap tydens die toekenning van die gesogte Internasionale Eiendomspryse vir 2022-’23.
Swindon is in die afdeling vir Afrika en Arabië vereer.