Terwyl jou buurman wat sy huis verkoop dalk ongemerk kan verbygaan, sal die komende veiling van een van Tulbagh se beste wynplase beslis die aandag van die wynbedryf, eiendomsmagnate en beleggers van oral trek.
Digger’s Home word op Saterdag 3 Desember op die perseel verkoop met wyn van meer as R3 miljoen wat by die transaksie ingesluit word.
“Met die wynbedryf wat jaarliks meer as R55 miljard bydra tot die BBP, en werk aan meer as 250 000 mense verskaf, is die geleidelike herstel van die bedryf ná Covid-19 goeie nuus vir diegene wat in hierdie bedryf is en ook vir diegene wat toetrede tot die mark oorweeg,” sê Rob Stefanutto, hoof van spesiale projekte by ClareMart.