Veral middel- en hoë-inkomsteverdieners het die afgelope ses maande saam eiendom gekoop, toon FNB se jongste syfers.
Die bank het in Augustus 2021 ’n skema vir gesamentlike huislenings bekend gestel wat tot 12 mense op ’n slag toelaat om gesamentlik om ’n huisverband aansoek te doen.
“Die aansoeke om kollektiewe huislenings het sedert Augustus met 20% toegeneem. Die skema is bedoel vir aansoekers oor alle inkomstegroepe heen, maar daar was die grootste groei in hierdie aansoeke van die middelinkomste- en welgestelde mark,” sê Mfundo Mabaso, hoof van FNB se huisfinansieringsafdeling.