Mense wat woonstelle uitverhuur vir ’n ekstra inkomste tel weer kop op, veral in Kaapstad.
Nywerheidseiendom presteer steeds, en hoewel die kantoorsektor steeds onder druk is, begin die fundamentele markfaktore bemoedigende tekens van verbetering toon, skryf Kobus Lamprecht, hoof van navorsing by die eiendomskonsultante en -waardeerders Rode en Genote.