Marina Constas, ’n prokureur wat in Bedfordview woon, se huis was tot onlangs volgens haar én volgens die Ekurhuleni-metroraad R3,5 miljoen werd. Toe sy weer sien, het die eiendom se waarde volgens die waardasielys tot ’n onrealistiese R9 miljoen opgeskiet.
Sy is een van duisende inwoners aan die Oos-Rand in Gauteng wat sê daar is ’n magdom foute in die nuwe algemene eiendomswaardasielys wat die Ekurhuleni-metroraad op 1 Julie wil instel.
Hulle het tot Vrydag gehad om beswaar aan te teken.