Meer as 2,2 miljoen mense het die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad in Desember besoek.
Hoewel dié toerismeaantreklikheid in 2021 ’n aansienlik beter feestyd beleef het as in 2020, toe streng inperkings vir die tweede vlaag koronavirusgevalle gegeld het, is die syfers nog nie naastenby waar dit in 2019, voor die pandemie, was nie.
Die 2,2 miljoen besoekers was 30% meer mense as in Desember 2020.