Byna een uit vyf mense (19%) wat op die oomblik hul huis verkoop, doen dit omdat hulle finansieel in die nood verkeer.
En ’n hele 60% van dié mense koop dan nie ’n goedkoper huis nie, maar word huurders.
Die druk op verbruikers blyk uit FNB se Eiendomsagentepeiling vir die tweede kwartaal van 2019.