Propvol winkelsentrums waarin hordes mense ronddwaal, is dalk iets van die verlede.
Die Covid-19-pandemie het kopers se gedrag waarskynlik vir altyd verander en baie sal nou veel eerder items aanlyn bestel as om in ’n winkelsentrum rond te drentel.
As hulle wel ’n winkelsentrum besoek, wil kopers vinnig indraf, koop en huiswaarts keer, volgens navorsing van Eighty20.