Hoewel verbruikers in die komende jaar nog noustrop sal trek weens laer beskikbare besteding oor hoë kospryse en rentekoerse, sal winkeleienaars wat slim te werk gaan, kan munt slaan uit die jongste neigings in die kleinhandelmark, sê Gerhard le Roux van Capital Connect, ’n finansiëletegnologiemaatskappy.
Die belangrikste tendense waarop kleinhandelaars in 2023 moet let, is:
Die Amazon-effek: Amazon maak sy virtuele deure in Suid-Afrika iewers in dié jaar nog oop wat fisieke én aanlyn winkels se sake deurmekaar kan krap;