Kaapstad se lughawe is besiger as in enige ander stadium sedert die koronaviruspandemie begin het.
Wesgro, die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap, het Maandag in ’n verklaring gesê internasionale lugdienste het weer in die eerste twee weke van September (ná die piek van die derde vlaag) hernude optimisme vir Suid-Afrikaanse vliegroetes getoon.
Die getal passasiers op internasionale vlugte wat van 1 tot 12 September deur die lughawe beweeg het, was 24% van dié getal passasiers in die ooreenstemmende tydperk in 2019.