Australië gaan moontlik einde Februarie of begin Maart vir die eerste keer in byna twee jaar oorsese toeriste toelaat.
Dis Sondag eerste deur die Melbourne-koerant Herald Sun onder die opskrif “Ready for liftoff” berig dat die regering dié stap oorweeg en dit so gou soos Maandag kan aankondig.
Australië het buitelandse toeriste in Maart 2020 die land belet.