Mense wat nog nie ingeënt is nie, moet dadelik verbied word om restaurante, busse en vliegtuie te betree.
Hulle moet net toegelaat word om kos te gaan koop, hospitaal toe te gaan en sekere noodsaaklike staatsdienste te bekom.
Dís die pleidooi van die sakeliggaam Business for South Africa (B4SA), wat sê dis nou tyd om inenting verpligtend te maak “om lewens te red en ernstige inperkingsregulasies die komende vakansietyd te vermy”.