Toeriste wat Thailand besoek, gaan ’n klein fooi moet betaal as hulle daar wil vakansie hou.
Die fooi, wat ongeveer R138 sal wees, gaan eers net op lugreisigers gehef word, voordat dit na ander vorme van vervoer uitgebrei word.
Dit sal na verwagting tussen Augustus en September vanjaar ingestel word, berig die Bangkok Post.