Geen besoeker aan Brittanje hoef meer voor of met hul aankoms ’n koronavirus-toets te ondergaan nie.
Brittanje, wat verlede jaar skerp gekritiseer is vir sy streng reisregulasies, wat onder meer verpligte kwarantyn ingesluit het, het die kwarantynvereistes ook heeltemal geskrap.
Dít geld vir alle reisigers, ongeag hul inentingstatus.