Die vakverbond Cosatu is “diep teleurgesteld” dat daar nie saam met die strenger inperking ’n nuwe stel stimulusmaatreëls gekom het nie.
Die vakverbond gaan eersdaags van die regering eis dat ’n “reeks” stappe gedoen word om werkers en ondernemings wat sukkel te ondersteun.
Werkers ouer as 60 en dié met onderliggende siektes, asook diegene wat werk in bedrywe wat net gedeeltelik kan funksioneer te midde van vlak 3-inperkings, se ondersteuning het grotendeels opgedroog.