Enige maatskappy wat selfs net “huiwer” om met die EFF se nuutgestigte arbeidskantoor saam te werk, sal met die “mag van die massas” te doen kry, het die hoof van die arbeidskantoor, die EFF-LP Hlengiwe Mkhaliphi, Vrydag in ’n onderhoud met Rapport gesê.
Sy ontken egter dat dít op “intimidasie” neerkom.
Rapport het Mkhaliphi genader om duidelikheid te kry oor die EFF se arbeidstrategie ná talle betogings deur EFF-lede by sake-ondernemings oor arbeidstwiste, wat insluit die trae uitbetaling van Covid-19-Ters-voordele aan werkers wat daarvoor kwalifiseer.