Die grootste Amerikaanse rentekoersverhoging in 28 jaar, van 75 basispunte, is Woensdagaand aangekondig toe die Federale Reserweraad (Fed) omstreeks 20:00 (SA tyd) sy rentekoersbesluit aangekondig het.
Dié derde agtereenvolgende verhoging bring die Fed se korttermynrentekoers op tussen 1,5% en 1,75% te staan, waar dit voor die Covid-19-pandemie was.
Dit kom nadat pas aangekondig is inflasie in Amerika was in Mei 8,6%, die hoogste sedert Desember 1981 en baie hoër as die verwagting van 8,1%, volgens Trading Economics.