Beurtkrag is besig om inflasie in Suid-Afrika op te jaag terwyl dit terselfdertyd ekonomiese groei smoor.
In dié milieu van stagflasie moet die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MBK) op 30 Maart oor die rentekoers besluit.
Die meeste ekonome verwag dat die rentekoers wel verhoog gaan word en, soos in Januarie, met 25 basispunte.