Dit is onseker wie die beroep gedoen het dat Suid-Afrika “tot stilstand geruk” word, maar kommer heers wel dat ontwrigtende betogings Vrydag landwyd gaan plaasvind.
Die beweging wat as #NationalShutdown bekend staan, wil oënskynlik veral beswaar maak teen die skerp styging in brandstofpryse.
Dit het begin met ’n foto van ’n petrolpomp op sosiale media. #NationalShutdown het op Twitter begin loop.