Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se subkomitee oor ekonomiese transformasie, het ’n agtergrond in die ekonomie, maar sy verlede is alsbehalwe vlekkeloos.
Pres. Cyril Ramaphosa het Godongwana Donderdagaand as nuwe minister van finansies in die plek van Tito Mboweni aangestel. Mboweni pleit al lank dat hy wil uittree.
Godongwana was voorheen adjunkminister van openbare ondernemings, asook van ekonomiese ontwikkeling.