Die Wêreldbank se lening van sowat R11,4 miljard aan Suid-Afrika sal vandeesweek in die parlement bespreek word.
Enoch Godongwana, minister van finansies, sal Dinsdag op die staande komitee oor finansies se vergadering vrae oor die lening antwoord, blyk uit die lys van komiteevergaderings wat die parlement in die komende week beplan.
Hy sal ’n gedetailleerde aanbieding doen oor alle buitelandse lenings aan Suid-Afrika, teen watter koste die lenings aangegaan word en of dit nodig is of nie, blyk uit die kortlikse beskrywing van die doel van die vergadering wat die parlement die naweek uitgestuur het.