Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) is al hoe meer bekommerd oor Suid-Afrika se vooruitsig vir ekonomiese groei en die implikasie daarvan vir indiensneming, armoede en ongelykheid.
Dié boodskap kom van ’n span van die IMF wat Suid-Afrika van 26 Mei tot 6 Junie besoek het.
“Suid-Afrika moet dringend die struikelblokke vir private investering verwyder en mededinging aanmoedig om op mediumtermyn ekonomiese groei aan te wakker.”