Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se gesprekke met Suid-Afrika oor ’n lening van $4,2 miljard vorder.
“Dit gaan nie soveel oor die dringendheid waarmee ons finansiering kan bied nie, maar eerder omdat ons baie goedkoper finansiering kan bied as wat andersins die geval sou wees,” het Abebe Aemro Selassie, direkteur van die IMF, Maandag in ’n virtuele mediakonferensie gesê.
Hy sê onder dié snelle finansieringsinstrument het die land “toegang tot hierdie finansiering teen baie lae rentekoerse – amper onbeduidende rentekoerse – relatief tot die hoër leenkoste waarmee Suid-Afrika te doen het”.