Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se jongste navorsing dui daarop dat al is inperkings verwoestend vir ekonomieë wêreldwyd, gaan dit nie help om dit te vroeg op te hef nie.
Damiano Sandri, navorser van die IMF en outeur van die jongste verslag oor die wêreld se ekonomiese vooruitsigte te midde van die koronaviruspandemie, sê solank daar ’n pandemie is, sal daar ’n negatiewe ekonomiese gevolg wees, ongeag of daar ’n staat van inperking is of nie.
Maar die inperkings bly nodig.