“Dis ’n krisis soos geen ander nie,” sê die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) in sy kwartaallikse vooruitsig oor die wêreldekonomie wat Dinsdag uitgereik is.
Die IMF verwag nou dat die wêreldekonomie in 2020 met 3% sal inkrimp in die grootste resessie sedert die Groot Depressie van die 1930’s.
Gita Gopinath, hoofekonoom van die IMF, sê op ’n aanlyn mediakonferensie die huidige krisis is aansienlik erger as wat die wêreld selfs tydens die groot resessie van 2009 beleef het.