Die rand het vanjaar tot middel Desember met byna 10% verswak teenoor die dollar in die stormagtige toestande wat internasionaal heers weens kommer oor inflasie, resessies en Rusland se oorlog in Oekraïne.
Dan was daar ook die kommer oor Eskom en die Phala Phala-sage wat soos ’n swaard oor pres. Cyril Ramaphosa se kop hang.
Volgens Peter Armitage, uitvoerende hoof van Anchor Capital, was die rand vanjaar redelik sterk teenoor die meeste ander geldeenhede, behalwe die dollar.