Die JSE het Maandag op sy hoogste vlak nóg gesluit en Dinsdagoggend verder gestyg.
Die indeks van alle aandele het Maandag met 1%, of 859 punte, gestyg om op 80 129 indekspunte te sluit. Die beurs was nog nie voorheen bo 80 000 nie.
In ’n stadium Maandag is 80 359 indekspunte bereik.