Die Suid-Afrikaanse aandelebeurs en dié van ander opkomende lande het Vrydag sterk gestyg nadat optimisme ontstaan het oor China wat sy Covid-19-inperkings begin ophef het.
Die JSE was teen laatmiddag 3% (1 986 punte) hoër op 68 033 indekspunte.
Opkomende markte was op koers om hul beste weeklikse vertoning vanjaar te lewer danksy die styging in Chinese aandele vandeesweek weens die optimisme oor die inperkings wat daar gelig word, berig Reuters.