Asië se beheptheid met streng maatreëls vir toeriste het die gevolg dat dié streek hom nou afsonder van streke soos Europa en Amerika, waar die reisbedryf aan die herstel is.
Verlammende Covid-reisbeperkings in lande soos China smoor volgens Bloomberg die stroom van besoekers vanuit die markte wat hulle die nodigste het.
Die sentrale rol wat China in Asië se lugvaartmark speel, beteken dat plekke soos Hongkong en Singapoer, tradisioneel baie gewilde bestemmings vir reisigers, nou eerder vermy word weens regulasies wat verpligte hotelkwarantyn en gereelde toetse vir die koronavirus insluit.