Suid-Afrika is ’n kwesbare staat, maar kan oor sewe jaar tot ’n mislukte staat verval waar die politieke en ekonomiese stelsels so verswak het dat die regering beheer verloor.
Om hierdie rede moet daar drasties en dringend ingegryp word, waarsku prof. Daniel Meyer, ’n ontwikkelingsekonoom verbonde aan die Universiteit van Johannesburg.
Meyer sê hy is van mening dat Suid-Afrika ’n brose of kwesbare staat is waar baie dinge, soos openbare dienslewering, gelyke ontwikkeling en ekonomiese groei aan ’n draadjie hang.