Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, het werkgewers wat buitelanders uit die res van Afrika in diens neem, Donderdag skerp berispe.
Hy het met die bekendmaking van die Kommissie oor Gelyke Indiensneming se jongste verslag oor regstellende aksie skerp uitgevaar teen werkgewers wat buitelanders eerder as Suid-Afrikaners in diens neem.
“Ons gaan terug na slawetoestande in dié land, want werkgewers verkies buitelanders omdat hulle weet hulle is desperaat vir werk. Hulle sal R10 vat as dit eintlik R50 moet wees. Die werkgewers soek goedkoop arbeid. Hulle is ekonomiese vlugtelinge.”