Die vraag na krediet van verbruikers en klein ondernemings toon al hoe meer ’n oplewing, volgens FirstRand.
In die laaste kwartaal tot einde Junie het groot maatskappye se vraag na krediet ook sterker momentum getoon.
Die tendense het die groei in lenings wat toegestaan is ondersteun en die inkomste verhoog wat die bankgroep uit rente verdien.