Pasiënt Ekonomie se prognose is sleg en terwyl die regering wil begin oorleg pleeg oor hoe die land teen einde Mei tot Vlak 3 van inperking kan vorder, versleg die bedenklike pasiënt se toestand met elke dag van die streng inperking.
Boonop gaan die belangrikste ekonomiese nodes hoogs waarskynlik weens hul hoë infeksiekoerse langer op Vlak 4 bly.
Isaah Mhlanga, hoofekonoom van Alexander Forbes, sê die ekonomie kan vanjaar met 6% inkrimp, as ons beperkinge stelselmatig verslap tot Vlak 2 teen September.