Die eerste internasionale passasierskip wat sedert die uitbreking van Covid-19 in Suid-Afrikaanse water vaar, het Dinsdagoggend in Kaapstad vasgemeer.
Maar niemand is toegelaat om aan boord van die MS Europa te gaan nie, en passasiers kon slegs afklim om hul paspoorte te laat stempel.
Die MS Europa behoort aan die Duitse maatskappy Hapag-Lloyd. Omdat Duitsland een van die lande is wat weens die Omikron-variant van die koronavirus ’n reisverbod teen Suid-Afrika ingestel het, is die reisprogram aangepas.