Die Durban-hawe gaan nie nou sy nuwe eindpunt vir passasierskepe inhuldig nie.
Die impak van die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal op die provinsie, gemeenskappe en hawe het tot die gesamentlike besluit deur MSC Cruises en die KwaZulu Cruise Terminal gelei.
Die opening sou op Sondag 15 Mei plaasgevind het. ’n Nuwe datum sal later aangekondig word, luidens die verklaring.