Die Reserwebank het Donderdag hard geslaan met ’n rentekoersverhoging van 50 basispunte.
Dit bring die repokoers, waarteen die Reserwerbank geld aan banke leen, op 4,75% te staan en die prima rentekoers van banke op 8,25%.
Dis steeds laer as die 6,5% wat die repokoers einde 2019 was en die 10% wat die prima rentekoers toe was. Die rentekoers is in die eerste jaar van die pandemie in ’n kort tyd met 3,5 persentasiepunte verlaag.