Suid-Afrika se sakegemeenskap het ’n ekonomiese herstelplan bekend gestel wat hy glo tot 1,5 miljoen nuwe poste kan skep, belastinginkomste met R100 miljard per jaar kan verhoog en die bruto binnelandse produk (BBP) met R1 000 miljard kan laat styg.
Die plan kan die ekonomie met 5% per jaar laat groei, meen Business for South Africa (B4SA) – maar net as die regering bereid is om moeilike besluite te neem en deur te voer.
Onder B4SA se tientalle spesifieke planne is ’n groter fokus op gas as kragbron en die industrialisering van daggaproduksie.