Meer as R58 miljard se Covid-19-Ters-geld is teen einde Februarie uitbetaal, volgens Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid.
Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike hulpskema vir werkgewers wat te midde van die inperkings nie hul werknemers kon betaal nie, het tot middel Maart gegeld, op die laaste net vir mense in bedrywe wat weens inperkings steeds nie kon werk nie.
Die fonds was gereeld in die spervuur oor foutiewe uitbetalings en bedrieglike eise.