Pres. Cyril Ramaphosa en Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het Sondagoggend met sakeleiers vergader oor wat gedoen kan word om die ekonomie aan die gang te hou te midde van die Covid-19-pandemie.
Patel sê in ’n video wat Sondagmiddag deur die presidensie op Twitter geplaas is, dat die sakesektor baie goeie voorstelle gemaak het oor wat gedoen kan word.
“Ons het verslag gedoen oor wat die regering doen en hoe ons die invloed van die wêreldwye verlangsaming op ons eie ekonomie dophou.