Die rand boer sedert begin September bo R17 teenoor die dollar en het vandeesweek ’n vlak bereik wat twee jaar laas gesien is.
Woensdag het die rand kortstondig met 1% tot R17,46 teenoor die dollar verswak weens onsekerheid oor die vooruitsigte vir die wêreldekonomie, volgens PSG. Die daling in sakevertroue in die derde kwartaal in Suid-Afrika het ook druk op marksentiment geplaas.
Dit verteenwoordig ’n verswakking van meer as 3% sedert verlede Maandag se opening van R16,84.