Die rand het Maandag tot selfs R17,19 herstel, wat beteken hy het sy Phala Phala-skok afgeskud.
Die rand het Woensdag, voor die uitreiking van die verslag oor die geld wat op pres. Cyril Ramaphosa se wildreservaat in Limpopo gesteel is, op R17,20 gesluit. Laataand het die rand begin gly en dit het Donderdag verder verswak tot selfs R17,96 voordat dit op R17,61 gesluit het.
Sedertdien het die rand verder veld herwin en Maandag teen middagete was ’n dollar weer R17,20 werd.