Die rand het Maandag tot sy swakste vlak nóg vanjaar verswak tot R17,63 teenoor die dollar. Dit is nadat data in Amerika getoon het dat werkskepping daar baie beter was as wat die mark verwag het.
Die inligting het die dollar weer laat versterk, wat dan die wisselkoers met die rand beïnvloed.
Molefe Lenyai, valutahandelaar van RMB, sê die mark het asem opgehou vir die Amerikaanse inligting, wat werkskepping buiten op plase insluit, wat Vrydag uitgereik is.