Die rand het Woensdag teenoor die dollar versterk tot ’n vlak waarop die geldeenheid einde Augustus laas was nadat goeie nuus oor China se inperkings en inflasiekoerse in Europa uitgereik is.
Inligting van Investing.com toon die rand het Woensdag met 21c of 1% teenoor die dollar tot R16,80 versterk.
Die nuus het die dollar teenoor talle geldeenhede laat verswak, veral dié van lande soos Suid-Afrika en Australië, wat sterk uitvoerlande van minerale is.