Die rand het Donderdagmiddag skerp verswak nadat die Reserwebank die rentekoers met 50 basispunte verhoog het.
Die geldeenheid het ná 16:00 selfs R19,75 teen die dollar getref, wat die swakste vlak tot nog toe is. Dit wil voorkom of dit vir eers op dié vlak gedraai het.
Kort voor 17:00 was dit steeds op R19,65, wat 2% swakker vir die dag is.