Dis jammer dat Tito Mboweni as minister van finansies bedank het, want hy het vertroue ingeboesem.
Dis ook jammer dat ander, “beter” kandidate nie die pos gekry het as Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, nie.
Só het prof. Jannie Rossouw, ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, gereageer op pres. Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling Donderdagaand.