Die rand het Donderdagmiddag met 2% of 43c teenoor die dollar versterk nadat die boodskap van Amerika se Federale Reserweraad (Fed) die vorige aand as positief deur die mark beskou is.
Dit het ook daartoe gelei dat geldeenhede van opkomende markte soos die rand versterk het.
Volgens FNB het die rand verreweg die beste vertoon onder sy eweknieë nadat die geldeenheid sedert begin vanjaar onderpresteer het.